Vurige spanne vir reeks gesoek

In 2023 is dit die tiende bestaansjaar van die gewilde Afrikaanse koswerklikheids­reeks Kokkedoor, en om dit te vier gaan dit weer as ’n hoofgereg op kykNET vlamvat.


In 2023 is dit die tiende bestaansjaar van die gewilde Afrikaanse koswerklikheids­reeks Kokkedoor, en om dit te vier gaan dit weer as ’n hoofgereg op kykNET vlamvat.

Kykers het in 2013 die eerste keer aan die Kokkedoor-tafel kom sit en oor die jare het familielede, Koekedoor, Kokkedoortjieen Koekedoortjie, geurryke vermaak verskaf.

Wanneer die´ Afrikaanse reeks volgende jaar van die spensrak afgehaal word, trek dit ’n braai-voorskoot as Kokkedoor Vuur en Vlam aan.

Hiervoor gaan deelnemers alles in die vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster moet berei.

Daarom soek kykNET nou vurige spanne, wat uit twee lede bestaan, om deel te neem. ’n Span bestaan uit ’n “pro”, wat ’n professionele of opgeleide persoon in die kosbedryf is, en ’n familielid, wat die “entoesias” is en passievol daaroor is om te braai.

  • Skryf jou só in: Besoek kyknet.tv of stuur ’n video per WhatsApp na 064-736-5013.

Vir die inskryfvideo, wat nie langer as drie minute mag wees nie, moet spanne die volgende doen: hulself bekendstel;vertel wie hulle is; se^ van waar hulle is; verduidelik wat die professionele spanmaat se kwalifikasies of kos-agtergrond is; beskryf wat die familieverband is; en vertel hoekom hulle wil deelneem.

’n Deelnemer moet 18 jaar oud wees op die dag van die oudisie om te kan inskryf. Oudisies sal in Januarie en Februarie in Bloemfontein, Gauteng en Kaapstad gehou word.

Spanne wat deurdring om deel te neem gaan van 17 April tot 6 Mei in die Kaap beskikbaar moet wees. Inskrywing sluit op 1 Desember.

Stuur ’n e-pos na navrae@kokkedoor.tv om meer uit te vind.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.