Op Vrystaat-Versorging in Aksie (VVA) se tradisionele Broodjiedag op 29 Julie, wil dié organisasie 32 000 mense in 15 dorpe in die Vrystaat met ’n sopmengsel en broodjies voed.
Wêreldwye onsekerheid, ontwrigting en opgejaagde kos- en petrolpryse raak almal se sak.
Die gevolg is dat minder bevoorregte mense in plaaslike gemeenskappe se nood verhoog het en die vraag na warm kos, klere, komberse en beskutting in die kouer wintermaande gaan toeneem.
Om sop aan al hierdie gesinne uit te deel, benodig die VVA 8 000 bottels met ’n sopmengsel.
In elke bottel moet die volgende wees:
1 koppie rys
1 koppie droë sopmengsel
1 koppie lensies
1 vleisekstrakblokkie
1 pakkie soppoeier
Dit is genoeg om aan vier mense ’n gebalanseerde maaltyd te gee. Die mengsel dien slegs as aanduiding.