Op hul eerste dag by hul mammas wat agter hulle staan is van links Stefan Leibbrandt (by mamma Mariëtte), Annemie Strydom (by Luzanne) Arno van den Bergh (by Engelie), Miané van der Berg (by Sanmarie) en Joshia Jonker (by Lize-Mari). Foto’s: Verskaf


Vyf gr. 1’s wat vandag, 11 Januarie, aangemeld het vir hul skoolloopbane by die Laerskool Fichardtpark, was gelukkig genoeg om hul mammas heeldag byderhand te hê.

Mariëtte Leibbrandt, Luzanne Strydom, Engelie van den Bergh en Lize-Mari Jonker is boonop almal gr.1-onderwysers aan Fichies.

Ook Sanmarie van der Berg (gr. 7-onderwyser) se spruit Miané was onder die 132 nuwe gr. 1’s by dié skool in Bloemfontein.

Die gr. 1-onderwysers se kinders is Stefan Leibbrandt (Mariëtte), Annemie Strydom (Luzanne), Arno van den Bergh (Engelie) en Joshia Jonker (Lize-Mari).

You need to be Logged In to leave a comment.