Fred Siebert braai ‘n vleisie op sy mini-braaiertjie.

Lientjie Mentz

Wat aanvanklik bedoel is vir ’n grappie en ’n Einde-van-die-maand-braaiertjie, het nou baie gewild geword.

Fred Siebert vertel hy het einde September ’n braaiertjie van skrootmateriaal gebou.

“Ander mense het dit gesien en sommer gou bestellings geplaas.”

Die netjiese braaier van  23 cm x 17 cm wat sowat 14 cm hoog staan, het sy eie roostertjie. Hy bou dit van 1,6 mm  nuwe staal en is net die regte geskenk vir ’n seun wat sy eie braaier wil hê.

Fred sê egter hy het intussen sy ingeboude braaier en die Webber-braaier versaak om gereeld aandete vir twee op dié braaier te maak. Dit staan sommer maklik op ’n tafel of braaikas.

“Met net so tien kooltjies kan jy genoeg vleis gaarmaak en daarna pas twee braaibroodjies mooi langs mekaar in. Dit werk sommer baie lekker.”

Hy sê as hy dié klein braaiertjie gebruik, hou ’n sakkie brikette heelwat langer.

Bestel jou braaiertjie by Fred deur hom te bel by 076-933-4692.

You need to be Logged In to leave a comment.