By die hoekie vir tienermeisies is van links, voor: Trewhella van Aswegen; agter: Tamara Alberts, Palesa Maboe, Petro-Mari van Pletzen en Hazel Andrew. Foto’s: Lientjie Mentz

Meer as 700 vrywilligers het Saterdag die twee Street Stores in Bloemfontein beman om 2 705 mense te bedien met kos, klere en die Woord.

Die Street Store by Ancor of Hope in Hamilton het 1 539 mense bedien, terwyl 1 166 mense opgedaag het by die Street Store in Heidedal.

Maena Jonas (links) en Linda le Roux by Saterdag se Street Store, aangebied by Anchor of Hope in Hamilton.

Tamara Alberts, een van die vrywilligers van Street Store, sê die bediening het die afgelope tien jaar bly groei en dit is wonderlik dat soveel vrywilligers van kerke oor die stad heen by dié reuse-projek ingeskakel het.

Inwoners en kerkgangers het duisende stuks klere geskenk wat deur vrywilligers in verskillende groottes vir onderskeidelik mans, vroue en kinders sorteer is. Geld is ook vir die projek geskenk, waarmee onder meer toiletware vir tienermeisies gekoop en in spesiale pakkies aan hulle uitgedeel is.

Duisende mense het Saterdag die Street Store in Hamilton besoek.

Die vrywilligers het vooraf opleiding ontvang oor hoe die Street Store werk, en elkeen is ingedeel om ‘n helper te wees of om een van die talle stalletjies te beman.

Alberts sê die mense wat op Saterdag 17 Mei die Street Store besoek het, het elkeen ‘n worsbroodjie en koffie ontvang voordat hulle saam met ‘n helper deur die Street Store gestap het. Elkeen kon vyf klere-artikels kies, waarna hulle ook die keuse gegee is om saam met die helper na ‘n gebedstent te gaan waar daar vir hulle voorbidding gedoen is.

“Street Store is daar om vir mense wat nie die geldelike middele het om klere te koop nie, die geleentheid te gee om met waardigheid te kies wat hulle graag wil hê,” sê Alberts.

Benewens die tafels vol klere was daar ‘n speelhoekie vir kinders; ‘n stalletjie van die Kingdom Vision Foundation wat billik oogtoetse doen en mense help om brille te kry; Bybels in Afrikaans, Engels en Sotho wat beskikbaar gestel is; en ‘n stalletjie gemik op tienermeisies waar hulle pakkies met toiletware en noodsaaklikhede kon ontvang.

Maena Jonas, een van die vroue wat die Street Store besoek het en saam met vrywilligers by die

gebedstent gebid het, sê dit was vir haar ‘n wonderlike ervaring.

You need to be Logged In to leave a comment.