Toeskouers kan Sondag Kovsie Aquatics en Reik na Herstel se jaarlikse oopwaterswemgeleentheid by Maselspoort bywoon.

Inskrywing vir dié jaarlikse byeenkoms, wat as kwalifiserende geleentheid vir die Midmarmyl-swemuitdaging dien, het gesluit. Die Midmarmyl-uitdaging vind tradisioneel in Februarie plaas.

Deelnemers voltooi 5 km, 3 km of 1 km in een van die verskillende ouderdomsgroepe, of ’n 500 m-pretswemgeleentheid.

Swemmers wat aan Reik na Herstel se uitdaging deelneem, pak al vier 1 km-nommers; hulle swem dus een keer saam met elke ouderdomsgroep. Die geld wat hiermee ingesamel word, word oorhandig aan Reik na Herstel, ’n organisasie wat pasiënte met borskanker prakties en emosioneel ondersteun.

You need to be Logged In to leave a comment.