Hardlopers en stappers geniet die pragtige aand op die jaarlikse Maanligwedloop ten bate van bewusmaking van diabetes. Foto: Lientjie Mentz


Hardlopers en stappers het op 9 November die lieflike lenteweer geniet tydens ’n Maanligwedloop ter bewusmaking van diabetes.

CityRun Naval Hill het die pretloop op Naval Hill aangebied waaraan 370 mense deelgeneem het.

Almal van diegene wat elke kilometer by hul oefenprogram voeg, tot mammas met kinders in stootwaentjies, kinders en bejaardes, het om 18:45 weggespring by die Nelson Mandela-standbeeld.

Deelnemers is beloon met die mooiste sonsondergang oor die Bloemfontein horison.

Die pretloop is aangebied om bewus­making te skep oor diabetes.

Tydens die geleentheid kon deelnemers gratis glukose- en bloeddruktoetse laat doen.

You need to be Logged In to leave a comment.