Wen kaartjies vir Grey-kollege se musiekfees

’n Oud-leerling van Grey-kollege (sekondêr), Naledi Mohapi, is op 25 en 26 Augustus ’n gaskunstenaar op Grey-kollege se 18de Musiekfees wat in die Sand du Plessis-teater plaasvind.


’n Oud-leerling van Grey-kollege (sekondêr), Naledi Mohapi, is op 25 en 26 Augustus ’n gaskunstenaar op Grey-kollege se 18de Musiekfees wat in die Sand du Plessis-teater plaasvind.

Beleef die ongelooflike klank van Grey se massakoor en ander talentvolle leerlinge by vanjaar se Grey’t Love Musiekfees.

Naledi is ’n sanger en liedjieskrywer en is al die afgelope 10 jaar in die musiekbedryf.

Ruhan du Toit is bekend vir sy weergawe van die pragtige lied “The Sound of Silence” en die Afrikaanse liedjie “As jy dink jy weet”.

Samantha, wat die tweede wenner van die kompetisie-reeks Die Kontrak was, is ’n gewilde sanger by musiekfeeste oor die land heen.

Vanjaar se fees Grey’t Love Musiekfees vind weer in samewerking met Nedbank plaas. Kaartjies vir die vertoning van 25 Augustus om 19:00 asook Saterdag 26 Augustus om 19:00, is weekdae van 08:00 tot 15:00 by die skool beskikbaar.

Kaartjies vir die vertoning van 26 Augustus om 12:00 is aanlyn beskikbaar op Webtickets.

Een leser staan die kans om twee kaartjies vir die Vrydag-vertoning te wen. Staan die kans om die kaartjies te wen deur by die inskrywing op Bloemnuus se Facebookblad die volgende vraag te antwoord – noem een van die sangers by vanjaar se Grey-musiekfees.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.