’n Skets gemaak deur Jacobus Silwer wat gebruik is vir die advertensie van die toneelstuk gemik op Paasfees, Daar is die Lam, gaan opgeveil word ten bate van die Lettie Fouché Spesiale Skool en die Vrystaat-Nasorgsentrum.
Daar is die Lam, gekryf deur Maretha Maartens, word Vrydag (10/03) en Saterdag (11/03) in die Sand du Plessis-teater deur lede van die gemeenskapsteatergroep opgevoer.
Die Paasverhaal word vertel uit die oogpunt van ’n hedendaagse familie en die tradisie en emosies van die tyd van Christus word beskou en bespreek.
Ebeth Wilson van die ATKV-gemeenskapsteatergroep, sê aanbiedings vir die geraamde kunswerk begin op R2 000 en aanbiedings kan nou gestuur word op die WhatsApp/SMS-lyn 083-560-9178.
Die kaartjies vir die vertonings Vrydag om 19:00 en Saterdag om 11:00 en 19:00 kos R100 en R80 vir pensioentrekkers, kinders en groepe van 10 of meer is beskikbaar by die webwerf webtickets.co.za, Pick n Pay en Pacofs se kaartjiekantoor.
Sien op Bloemnuus se Facebookblad hoe jy kan inskryf om die kans te staan om kaartjies vir Vrydag se vertoning te wen.