Altesaam 20 paartjies het in Februarie foto’s vir Bloemnuus se Troufoto van die Jaar-kompetisie ingeskryf.
Februarie se wenfoto is dié van Retha en Nico Ranft, wat op 18 Desember buite Bloemfontein getroud is.
Die algehele wenner van die kompetisie word in Augustus aangewys, en kan na ’n naweek se verblyf by Bloemspa uitsien.
Jo Anne Viveiros van die Bloemspa-hotel en -konferensiesentrum en Stefan van Biljon van Creative Kilowatt borg dié prys.
Paartjies wat in Bloemnuus se lesersgebied woon en sedert Augustus verlede jaar getroud is, kan hul mooiste foto inskryf. Foto’s wat ingeskryf word, hoef nie deur ’n professionele fotograaf geneem te wees nie. Die gehalte moet egter steeds goed wees. Met toestemming van die bruidspaar kan fotograwe ook ’n foto inskryf.
Net een foto van goeie gehalte in jpeg-formaat kan per bruidspaar ingeskryf word. Die inskrywing moet die paartjie se name en vanne, die naam van die stad of dorp waar die troue gehou is en die troudatum bevat.
Paartjies kan hulle inskryf deur die foto en inligting na bloemnuus@media24.com te stuur, met “Troufotokompetisie” in die boodskapveld.
Al die foto’s wat ingeskryf is, sal in Augustus in een galery op Bloemnuus se Facebook-blad verskyn. Die 12 foto’s wat die meeste stemme ontvang, sal in Bloemnuus verskyn.
Die wenfoto, wat uit dié foto’s gekies sal word, sal op Bloemnuus se voorblad verskyn.
Tot Julie sal ’n wenner elke maand aangewys word, en die paartjie se foto sal saam met die berig in Bloemnuus verskyn.
Gaan kyk na die Februarie inskrywings hier: https://bit.ly/3Cd8HyS