Wenfoto’s pryse werd

Heelwat meer inskrywings is vanjaar vir die Vriende van Franklin se jaarlikse fotografiekompetisie ontvang.


Heelwat meer inskrywings is vanjaar vir die Vriende van Franklin se jaarlikse fotografiekompetisie ontvang.

Dié kompetisie is verlede jaar bekend gestel.

Die vier pryswenners het Saterdag (14/05) op ’n geselligheid op Reizisplein hul pryse ontvang. Elkeen het ’n A2-vergroting van hul wenfoto ontvang.

Al vier afdelingwenners het ook ’n Kloppers-koopbewys ter waarde van R250 van Bloemnuus ontvang.

Danie Brink is as die algehele wenner aangewys. Sy swartwit-foto van ’n kameelperd was ook die wenner in afdeling 1, wat die wild van Naval Hill moes uitbeeld.

Hy het ’n Nikon Coolpix S9900-kamera van Bloemnuus ontvang.

Mydrie Engelbrecht se foto het die wenplek in afdeling 2 (Naval Hill-voël­ewe) verower.

Sy het ’n Kloppers-koopbewys ter waarde van R1 000 en ’n Gys Die Slagter-geskenkpak ter waarde van R500 gewen.

Kobus Pelser se landskapfoto van Bloemfontein is die wenfoto in afdeling 3. Hy het ’n Gys Die Slagter-geskenkpak ter waarde van R500 gewen, asook ’n nag se verblyf en ontbyt by die Franklin View-gastehuis in Inneslaan.

Die wenfoto in afdeling 4, ’n foto van die muur­skildery van Zuri die kameelperd op Reizisplein, is Maryna Jacobs.

Sy wen ’n R500-koop­bewys van Reizisplein, asook ’n Social Food Club-koopbewys vir jenewer en ’n ontbyt vir twee by Seisoen, ook by Reizisplein.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.