Hierdie foto van Leon Keyter is die wenner in die wildlewe-afdeling, asook die algehele wenfoto.


Die wenners is bekend!

Hier is die beste vyf foto’s wat gekies is in die Vriende van Franklin se jaarlikse kompetisie, waarvoor lesers hul foto’s van 1 Desember tot 5 Junie kon inskryf.

Vanjaar kon lesers foto’s vir een van vyf afdelings in enige van Bloemfontein se groen ruimtes afneem. Dit sluit in die Franklin-reservaat op Naval Hill, Sewe Damme, Brandkop en die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin.

Die wenfoto is van een van die kameel­perde op Naval Hill. Leon Keyter het met hierdie foto die titel as wenner in die wildlewe-afdeling verwerf, maar wat meer is: Dié foto is ook as die algehele wenner aangewys.

Die ander wenners is:

  • Mydrie Engelbrecht se inskrywing, in die afdeling vir voëllewe;
  • Hennie Engelbrecht het die wenfoto in die afdeling vir plantegroei en blomme geneem; en
  • Geo Jooste se besonderse foto van ’n waterval het hom ’n prys in die afdeling vir landskappe besorg.

Mydrie Engelbrecht se foto is die wenner in die voël­lewe-afdeling.

Vanjaar was daar ’n bykomende afdeling vir aktiwiteite, waarvoor mense wat hardloop, fietsry of ontspan afgeneem kon word. Mariana Brits se foto is die

wenner.

Andri Grobbelaar, voorsitter van die Vriende van Franklin, sê die geld wat met die inskrywings ingesamel is, gaan gebruik word om ’n dam en ’n voëlskuiling op Naval Hill in te rig.

Die wenners ontvang Saterdag (15/07) hul pryse op ’n geselligheid.

Bloemnuus is ’n mediaborg in dié kom­petisie.

Hennie Engelbrecht se inskrywing is die wen­foto in die afdeling vir plantegroei en blomme.

Dié foto geneem deur Geo Jooste is die wenner in die afdeling vir landskapfoto’s.

Hierdie foto van Mariana Brits is die wenfoto in die afdeling vir aktiwiteite.

You need to be Logged In to leave a comment.