Die wenners van die volwasse afdeling was Lebogang (3de), Heléne de Jager (wenner) en Tania van Zyl (tweede plek).

Pragtige kunswerke is bekroon in die kunskompetisie van die ATKV-tak Gemeenskapsteater en die Pasteur-ooghospitaal.

Die geselligheid waarop die finaliste se werk vertoon is en die drie topdeelnemers in elke afdeling aangekondig is, is op Woensdag 1 Oktober by die hospitaal aangebied.

Die tweedepryswenners het elk ‘n geskenkpak van Signo ontvang, en dié in die derde plek ‘n geskenkbewys van Northridge Mall.

Heléne de Jager met haar pragtige wenskildery. FOTO: Lientjie Mentz

Vanjaar se wenner in die laerskool-afdeling is Benji Stanley, wat ‘n kontantprys van R1 250 van die ATKV ontvang het; met Shani Els wat ‘n geskenkpak van Signo ryker is; en Ellen Badenhorst wat met ‘n geskenkbewys van PNA in Northridge Mall weggestap het.

In die hoërskool-afdeling is Annabelle Laubscher die wenner met ‘n kontantprys van R2 500 van die ATKV; Lara Massyn tweede en Nina van Zyl derde.

In die volwasse afdeling is Heléne de Jager eerste, wat haar R5 000 van die ATKV besorg het. Tania van Zyl is tweede en Lebogang Thutsa derde.

Die topdeelnemers in die afdeling vir laerskole is van links Ellen Badenhorst (derde plek), Benji Stanley (wenner) en Shani Els (tweede).

‘n Spesiale prys is aan Mmuso Hlohlola oorhandig. Die beoordelaars het gemeen die uitbeelding van ‘n tydjie uit sy lewe dag-tot-dag, van hoe hy hy reeds donkerdag op sy fiets werk toe ry en saans ná sononder by die huis aankom, is iets besonders. Hy het hiermee ‘n geskenkpak van Signo ontvang.

Die drie topdeelnemers in die afdeling vir hoërskoolleerlinge is van links Nina van Zyl (derde plek), Lara Massyn (tweede plek) en Annabelle Laubscher (wenner).

De Jager het ook ‘n spesiale eerbewys gekry, met ‘n geskenk van A Peace of Art as prys.

Die finaliste se kunswerke is in die Pasteur-ooghospitaal te sien. De Jager sê sy gaan haar kunswerk ná die uitstalling skenk aan haar seun, dr. Schabort de Jager, wat ‘n oftalmoloog is en binnekort sy praktyk in Pasteur open.

You need to be Logged In to leave a comment.