Die wenners van die ATKV-tak Gemeenskapsteater en die Pasteur-ooghospitaal se Die oog-kunskompetisie is op 1 November by die hospitaal aangekondig.
Kunstenaars, van skoolleerlinge tot volwassenes, is genooi om kunswerke met die oog as tema te skep.
Die wenner in die afdeling vir volwasse kunstenaars is Blaise Sheasby met haar treffende kunswerk Magneto’s Soul. Sy het ook ’n derde plek in die afdeling verower met haar kunswerk Martian Gaze.
Ellenise Robertson was tweede in dié afdeling en het ook ’n spesiale prys gewen vir die kunswerk wat die tema die beste uitgebeeld het.
In die afdeling vir hoërskoolleerlinge was dit Siyabonga Gans (14) van St Andrew’s School wat uitgeblink het.
Josh Faber (15) van die Hoërskool Sentraal was tweede en Ningning Fan (15) van die Ridgefield Academy derde.
In die afdeling vir laerskoolleerlinge het Noah van Niekerk (10) van St Andrew’s gewen, met Nina Marais (11) van die Laerskool Aliwal-Noord in die tweede plek en Lara Heys (11) van die Laer Meisieskool Oranje derde.