Almal is dit eens dat die Vrystaat Kunstefees beslis in die hartjie van die Bloemfonteinse winter hoort.

Nogtans is Corneli van den Berg, feesdirekteur, en haar span baie tevrede met die hooffees wat weens die pandemie vanjaar in die Oktober-vakansie aangebied is.

“Ons het baie geleer,” sê sy. “Ons moes amper weer van voor af reël aan die fees en het nie verwag dit sou verlede week só warm wees nie.”

Daar was ook baie kompetisie met die Woordfees in Stellenbosch (10 tot 16 Oktober), Aardklop in Potchefstroom (30 September tot 2 Oktober) en Macufe (2 tot 9 Oktober) wat ook verlede week aangebied is.

“Ons gaan beslis volgende jaar weer fees hou in die wintervakansie en ons kan nie wag nie,” sê Van den Berg.

Sy sê tentatiewe datums is reeds vasgemaak.

“Die terrein vir die Kunstemark sal dieselfde bly as met dié fees en die Minimark in Julie, omdat die Universiteit van die Vrystaat nie meer die Rooiplein daarvoor beskikbaar stel nie.

“Ons dink dit het lekker gewerk om so ’n straatmark aan te bied, want daar is heelwat meer beweegruimte tussen die stalletjies,” sê Van den Berg. “Nou sien ons net weer uit na die konkas met vuur, jasse en serpe en die lekker kuier op koue winternagte.”

Die Vryskitter-eerbewyse vir beste vertonings is Saterdag op ’n spesiale geselligheid in die Netwerk24-feeskafee aangebied.

Lindie Stander se boek Agter my glimlag is aangewys as die topverkoper op die Literatuurfees.

“Ons dink dit het lekker gewerk om so ’n straatmark aan te bied, want daar is heelwat meer beweegruimte tussen die stalletjies,” sê Van den Berg. “Nou sien ons net weer uit na die konkas met vuur, jasse en serpe en die lekker kuier op koue winternagte.”

Die produksie muit. sê sy is aangewys as die beste vrynge-produksie.

Die beste vrynge-kunstenaar is Chanmari Erasmus.

The Suit is aangewys as die beste vars produksie op die vrynge.

Die wenner in die afdeling vir lewende en eksperimentele kuns, is die dansproduksie Blame it on the algorithm.

Beste jong kunstenaars het gegaan aan die dramastudente se vryngetoneelstuk Ziyakhala ke Manje: Tipping the Scales.

Die prys vir baanbrekerswerk is toegeken aan die produksie deur die Belgiese regisseur Peter de Graef se And still the rain kept falling softly. Dié produksie is ook saam met die produksie Tom gaan plaas toe aangewys as beste debuutprodusies.

Die beste nasionale debuutproduksie is toegeken aan My hart is ’n muurbal.

Die prys vir die beste kunstenaars het gegaan aan Jefferson Dirks-Korkee (Aku vang ’n ster) en Boitemelo Mohutsioa (And still the rain kept falling softly).

Fotograaf André Badenorst met sy uitstalling van voorbladfoto’s en artikelfoto’s in Die Taalgenoot is bekroon met die prys vir die beste visuele kunstenaar. Die uitstalling is in samewerking met Die Taalgenoot en die ATKV aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.