Werkers nou gerat

Die drie heeltydse werkers van Trots Pellissier spog nou met splinternuwe oorpakke en beskermingsdrag danksy ’n borgskap van Vodacom.


Die drie heeltydse werkers van Trots Pellissier spog nou met splinternuwe oorpakke en beskermingsdrag danksy ’n borgskap van Vodacom.

Francois Willemse en Mauritz Janse van Rensburg het Vrydag (01/07) die toerusting aan Trots Pellissier oorhandig.

Die drie werkers, Kagisho Mosemeng, Thapelo Ngco-Ngco en John Mosiuoa, kan nou met goeie veiligheidsdrag die verkeerseilande en parke in Pellissier netjies hou.

Die skenking behels onder meer oorpakke, harde hoede, gesig­maskers, handskoene, glimbaadjies en veiligheid­skoene.

“Dit is ons manier om die publiek vir hul besigheid te bedank en om die goeie werk wat Trots Pellissier doen te bevorder,” het Willemse Vrydag gesê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.