Die Hoërskool Fichardtpark het op Dinsdag 12 Maart in Welkom teen die tuisspan van die Goudveld-Hoërskool meegeding in wedstryde as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks.
Fichardtpark se eerste netbalspan het stof in Goudveld se oë geskop met ’n telling van 32 – 22. Goudveld het in die eerste kwart van die wedstryd voorgeloop, maar in die tweede en derde kwarte agter geraak. Dié span het in die laaste kwart van die wedstryd verbete gespeel om weer die voorloper te wees, maar al het die spelers in die laaste kwart van die wedstryd die meeste doele aangeteken, het Goudveld die stryd verloor.
Fichardtpark se eerste seunshokkiespan het Goudveld met ‘n telling van 8 – 0 oorwin. Bongi Khumalo, Goudveld se kaptein, het ‘n baie goeie wedstryd gehad, maar ondanks sy pogings kon Goudveld nie punte aanteken nie.
Kayla Pretorius van Goudveld se eerste meisieshokkiespan het vroeg in die wedstryd reeds die span se eerste doel aangeteken. Die middelveld het ’n goeie tempo aan die wedstryd gegee en die doelwagter, Amy O’Brian, was briljant op die verdediging en het mooi beheer geneem oor die sirkel. Fichardtpark is ’n paar keer onkant gevang, maar het goed verdedig. Dié span het 3 minute voor die einde van die wedstryd ’n doel aangeteken, wat gelei het tot ’n gelyke telling van 1 – 1.
Goudveld se eerste span het ná ’n hewige stryd op die rugbyveld oor Fichardtpark geseëvier. Goudveld se puntemakers was Jan Coetzee, onderkaptein, met twee drieë; Kaileb Lottering met een drie; en Ruben Crous, kaptein, met twee doelskoppe en ’n strafskop. Crous het uitgeblink met sy uitstekende taktiese skopwerk en goeie besluitneming. Coetzee het ook ’n goeie wedstryd gehad en het die span op die voorvoet gesit deur die bal baie goed te dra. Die verdediging van Goudveld se agterlyn was baie goed en die spelers se algemene aanvalsvermoë het verseker dat die telling in hul guns bly. Goudveld het die wedstryd met 22 – 19 gewen.
Uitslae van die dag is:
Rugby:
- o.19A: GV 22 – Fich 19
- o.19B: GV 23 – Fich 15
- o.19C: GV 26 – Fich 26
- o.16A: Fich 31 – GV 10
- o.16B: Fich 19 – GV 0
- o.15A: Fich 31 – GV 7
- o.15B: Fich 26 – GV 5
- o.14A: Fich 57 – GV 0
- o.14B: Fich 33 – GV 7
Netbal:
- o.19A: Fich 32 – GV 22
- o.19B: GV 21 – Fich 7
- o.19C: GV 21 – Fich 4
- o.19D: GV 24 – Fich 2
- o.17A: Fich 19 – GV 13
- o.16A: Fich 11 – GV 5
- o.16B: Fich 13 – GV 5
- o.15A: Fich 21 – GV 15
- o.15B: Fich 10 – GV 9
- o.14A: Fich 22 – GV 13
- o.14B: Fich 19 – GV 3
- o.14C: Fich 17 – GV 1
Hokkie: seuns
- o.18A: Fich 7 – GV 0
- o.16A: Fich 7 – GV 0
- o.16B: GV 1 – Fich 1
- o.14A: Fich 7 – GV 0
Hokkie: meisies
- o.18A: GV 1 – Fich 1
- o.18B: GV 1 – Fich 0
- o.18C: GV 7 – Fich 0
- o.16A: Fich 4 – GV 0
- o.14A: Fich 9 – GV 3