Die Hoërskool Witteberg van Bethlehem het Dinsdag 12 Maart teen die spanne van die Hoërskool Jim Fouché (JF) meegeding in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks in Bloemfontein. Hier is JF se o.16A se seuns-hokkiespan wat Witteberg 7 – 0 geklop het. Foto: Lenelda van Zyl


Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het op 2 Maart begin en vandeesweek was dit die Hoërskool Jim Fouché (JF) se beurt om gasheer te speel.

Die Hoërskool Witteberg (WB) van Bethlehem het Dinsdag 12 Maart by JF deelgeneem.

JF se netbalspan het baie goed gevaar met agt oorwinnings in die tien wedstryde wat die spanne gespeel het. Die eerstespan het die WB-span getroef met 50 – 19.

Die WB-rugbyspanne het vyf van die nege wedstryde gewen, en die eerstespanne het gelykop geëindig met 24 punte elk.

JF se hokkieseuns het vier van hul vyf wedstryde gewen, terwyl WB se meisie-hokkiespanne drie van die sewe wedstryde gewen het. Daar was altesaam drie van die meisie- en seunshokkiespanne se kragmetings wat gelykop geëindig het.

Die dag se uitslae lyk as volg:

Rugby

  • Eerstespan: JF 24 – WB 24;
  • Tweede span: WB 22 – JF 19;
  • Derde span: JF 19 – WB 17;
  • Vierde span: JF 24 – WB 10;
  • o16A: WB 25 – JF 15;
  • o.15A: JF 22 – WB 10;
  • o.15B: JF 33 – WB 10;
  • o.14A: WB 50 – JF 0; en
  • o.14B: WB 38 – JF 0.

Hokkie: meisies

  • o.18A: WB 7 – JF 1;
  • o.18B: JF 3 – WB 3;
  • o.16A: WB 3 – JF 2;
  • o.16B: JF 0 – WB 0;
  • o.16C: JF 5 – WB 3;
  • o.14A: JF 6 – WB 3; en
  • o.14B WB 7 – JF 0

Hokkie: seuns

  • o18A: JF 4 – WB 1;
  • o.18B: JF 4 – WB 0;
  • o.16A: JF 11 – WB 0;
  • o.16B: JF 7 – WB 0; en
  • o.14A: JF 0- WB 0.

Netbal:

  • o.19A: JF 50 – WB 19;
  • o.19B: JF 30 – WB 1;
  • o.19C: JF 20 – WB 19;
  • o.19D: WB 20 – JF 13;
  • o.16A: JF 30 – WB 14;
  • o.16B: JF 35 – WB 1;
  • o.15A: WB 22 – JF 19;
  • o.15B: JF 18 – WB 5;
  • o.15C: JF 17 – WB 6; en
  • o.15D: JF 13 – WB 2.

You need to be Logged In to leave a comment.