Wilde Weste terug op die planke

’n Nuwe vrees het op die Wilde Weste geval – al die dorpies word tot op die grond afgebrand.


’n Nuwe vrees het op die Wilde Weste geval – al die dorpies word tot op die grond afgebrand.

Pienkhoed Marie en Sjeriff Janus is op die spoor van die boef . . . die vreesaanjaende Spikkelperd.

Alles is egter nie soos dit lyk nie. Is Spikkelperd regtig die een agter al die brande, of is daar ’n ander speler in die spel?

Van Donderdag 24 Oktober tot Saterdag 26 Oktober om 10:00 bied Pacofs die kinderteatervertoning ’n Willer-Woeller-Westerer Storiein Studio 2 by Pacofs aan.


Dié verhaal, uit die pen van C.W. Laten en Nic Beukes, wat ook die regie behartig, is die tweede van drie toneelstukke wat die skrywers die WWW-trilogie noem.




’n Willer-Woeller-Westerer Storie
bou verder aan die wêreld wat in die eerste stuk geskep is en bring nie net nuwe karakters in nie, maar ook nuwe gevegstyle.





Laten en Beukes het die WWW-trilogie geskep om voort te bou op die sukses van die eerste produksie wat in Augustus te sien was, en om kinders van vyf jaar en ouer aan die legendariese Wilde Weste bekend te stel.





Met ’n ambisieuse, komiese en aksiebelaaide verhaal om die hele gesin te vermaak, wil die skrywers ook ’n verskeidenheid temas soos vriendskap, diefstal, wraak en vergifnis uitdruk.





Die rol van Pienkhoed Marie word deur Anke Meyer-Auld vertolk.






Lorenzo Dampies is in die rol van Sjeriff Janus en Nic Beukes is Spikkelperd.





Jaco Enslin tree tussendeur as storieverteller op.





Die skrywers is het ’n multikulturele rolverdeling gedoen, gelei deur ’n sterk en onafhanklike vroulike protagonis.





Kaartjies is R80, of R60 per gehoorlid vir groepe van vyf of meer.





Kaartjies is op webtickets.co.za, by Pick n Pay, of by Pacofs beskikbaar.


Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.