WildsKOS Gourmetfees om die draai

Dit is amper tyd vir De Oude Kraal se WildsKOS Gourmetfees. Die eerste geleentheid is Saterdag 12 Junie. Marie Lombard en haar span het weer vandeesweek ’n unieke resep beskikbaar gestel. Dié keer vir die meer waaghalsige kokke.


De Oude Kraal

Skaaphart met Chimichurri-sous
Dit is amper tyd vir De Oude Kraal se WildsKOS Gourmetfees. Die eerste geleentheid is Saterdag 12 Junie.

Marie Lombard en haar span het weer vandeesweek ’n unieke resep beskikbaar gestel. Dié keer vir die meer waaghalsige kokke.

Skaaphart met Chimichurri-sous

Jy benodig:

* Skaaphart in repies sonder senings in repies gesny

Bestanddele vir die Chimichurrisous

2 hande vol vars koljander

2 ryp tamaties

1 rooi ui

2 knoffelhuisies

2 eetlepels olyfolie

1 eetlepel lemmetjie sap

30 ml rooiwynasyn

1 teelepel fyngemaalde komyn

1 rooi rissie na smaak

Sout en peper

Maak so:

Maak al die bestanddele fyn en meng dit met die olyfolie, lemmetjiesap en wynasyn. Marineer die skaaphartrepe in die helfde van die sous vir 1 uur.

Braai die skaaphartrepe in ’n warm pan en bedien met die res van die Chimichurrisous.

Bedien dit saam met Diemersfontein se Malbec Reserve.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.