Ovaalbaanjaers van oor die land heen het verlede naweek na Bloemfontein gestroom vir die Vrystaat-Dirt Cup-kampioenskapsbyeenkoms.
Dit het Vrydag (02/06) by die Bloem-ovaalbaan begin, met die eindronde Saterdag op die Schoemanspark-ovaalbaan.
Anton van Nieuwenhuizen het in die V8 Lexus-klas gewen. Hy het verlede jaar ’n suksesvolle jaar gehad en was Motorsport Suid-Afrika (MSA) se klubkampioen.
Hy was boonop tweede in die World of Motorsport South Africa- (Womza) klubkampioenskap en eerste in die Womza- provinsiale kampioenskap.
Van Nieuwenhuizen was Suid-Afrika se tweede vinnigste (SA2) in die Womza Lexus-afdeling, tweede in 2022 se Dirt Cup en derde in die Rosebowl-kampioenskap in Bloemfontein.
Ander algehele wenners van die Dirt Cup is:
- rookies/junior hotrods – Joumarie van Zyl;
- 2,1s – Martin Koekemoer;
- AMS – Nico Breytenbach;
- 1 600 Saloons – Jeandré Grobelaar;
- 1660’s – Charlie Rothman;
- hotrods – Johann Pitout;
- midgets – Christiaan Bekker; en
- heavy metals – Justin Buitendag.