Pragtige handgemaakte produkte word op die Franse Wintermark te koop aangebied. Foto: Lientjie Mentz


Die Franse Wintermark is om die draai en uitstallers kan nou ’n stalletjie vir die mark op Saterdag 3 Junie bespreek.

Dié mark by Villa Avianto in Kwaggafontein, Bloemfontien, bied aan markgangers ’n verskeidenheid gehalteprodukte. Uitstallers se produkte wissel van fyngebak, kaas en wyn tot klere, juwele en haarbykomstig­hede, hout- en leerprodukte en dekorartikels.

Vir kinders is daar ’n outydse speelpark met glybaan, swaaie en hobbelperdjies. ’n Afgebakende deel met sitplek vir ouers van kleiner kinders gee dié kinders kans om veilig te speel.

Die mark begin om 08:00 en duur tot 15:00.

Uitstallers kan Suretha van Heerden by 083-328-4872 bel of villa-avianto.co.za besoek.

You need to be Logged In to leave a comment.