Die polisie ondersoek die voorval waar Woolworths in die Loch Logan-waterfront gisteraand beroof is.
Die inkopiesentrum se veiligheidspersoneel het die parkeeringange gesluit en die polisie in kennis gestel.
Die verdagtes het probeer om uit die sentrum te vlug deur een van die wagte te dwing om ’n ingang oop te maak. Skote is afgevuur en ’n lid van die polisie is in die been geskiet en een van die verdagtes is ook raakgeskiet.
Terwyl die verdagtes probeer vlug het, is ’n klant lig gewond toe hy probeer het om een van die rowers vas te trek.
Meryl Henning van die bemarkingsafdeling van die Loch Logan-waterfront, sê die winkelsentrum sowel as Woolworths is vandag weer oop vir sake.
Lt. kol. Thabo Covane, woordvoerder van die polisie in Mangaung, het die voorval bevestig en gesê meer inligting sal binnekort bekend gemaak word.