Word deel van ‘n omgeegemeenskap

Soos elke jaar tydens Julie, wanneer Nelson Mandeladag op 18 Julie gevier word, moet almal meer omgee vir die minderbevoorregtes.


Dis weer tyd vir harte oopmaak en gee.

Soos elke jaar tydens Julie, wanneer Nelson Mandeladag op 18 Julie gevier word, moet almal meer omgee vir die minderbevoorregtes.

Vanjaar is die fokus van hul projek behoeftige tienermeisies, sê Anri Buys, vrywilliger wat die projek saam met Vrystaat Versoging in Aksie (VVA) aanbied.

Dit is maklik om hierby betrokke te raak.

Dit werk so:
* jy kan R50 skenk en Anri maak die sakke met die voorraad in bymekaar

* of jy kan self die sakke bymekaar maak en teen 18 Julie by haar uitkry.

Die behoefte vir voorraad is:
* ’n mooi sak (ou handsak of enige netjiese sak)
* sanitêre doekies
* seep
* deoderant

* snesies

*’n spesiale bederfie

Stuur ’n WhatsApp aan Anri by 082-825-1645 om jou bydrae te maak.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.